oor ons

Welkom by Kokomo radio waar ons jou wegvat op ‘n musiek reis, kom reis saam na KOKOMO, waar ons kan wegkom van alles.

So skop daai skoene uit, voete in die lug en raak weer verlief op die ritme van die musiek…. en word weggevoer van Toeka tot nou.

 

In 2015 het Jacqueline Louwrens, oftewel Gypsy J die passie en Visie gehad om haar liefde vir musiek en mense te kombineer en na hulle uit te reik. Sy het ‘n pragtige, unieke en rustige omgewing geskep waar musiek en Christelike waardes meesterlik in perfekte harmonie vermeng word. Kokomo Radio is gebore… En het die instrument van haar visie geword om uit te reik na gemeenskappe in nood en om geestelike en Fisiese opheffing te bring in die agtergrond van die pragtige Kokomo-eiland

 

 

KOKOMO RADIO die Beste en Nommer 1 Internet Radio Stasie 

Gypsy J
Jacqueline Louwrens A.K.A Gypsy J (Founder Kokomo Radio)

ons missie

Ons Missie is om vir ons Luisteraars net die Beste musiek en goeie Programme te bring. 

Ons bring n Klomp verskillende mense Bymekaar met elkeen wat hulle eie Styl het en hulle eie tipe Genre’s 

 

So ontmoet ons Span en luister saam op verskillende Platvorms.

Luister in hier

Druk op enige van die onderstaande Links om na Kokomo Radio te Luister

ontmoet ons span

Gideon

Gideon Louwrens AKA Highwayman

The Highwayman ( Gideon Louwrens)

Bynaam, omdat hy altyd op die gejaagde lewe is.

Hy streef na passie en diens lewering. Loop elke dag daai ekstra myle vir sy kliente en medemens.

Hy het by Unisa geswot in menslike hulpbronne. En geniet dit wat hy doen.

Arbeidswette is sy passie.

Hy is al 5 jaar n freelance omroeper by kokomo Radio,  en nuusbrokkies, sy spesialiteit

marius

Marius Theart AKA DJ Ghost Rider

Eienaar van Capstone Advisory Services CC. Ek bedryf die besigheid sedert Junie 2006. Ons diens ‘n wye kliente basis. Van individue tot besighede van groot tot klein. Ons bied boekhou, belasting en salaris verwerkings dienste. Doen boedel beplanning te same met die afhandel van boedels en opstel van testemente en trusts. Ons bied ook nou die dienste van finansiele beplanning. Ek bied ook nou aan besigheids en persoonlike berading.

 

In my vrye tyd was ek vir 9 jaar hoof van rugby en die 1ste span rugby afrigter op hoerskoolvlak. Het ook opgetree as ‘n gekwalifiseerde WP skeidsregter in rugby waar en vir twee jaar liga wedstryde geblaas het. Ek het ook ‘n seisoen op klub vlak afgerig. Ek is gekwalifiseerde Vlak twee IRB rugby afrigter en het kondisionerings kursusse van New Zeeland ondergaan. Na my 4 rug operasies het dit so bietjie brieke aangedraai en verhoed date k Hiermee kan voortgaan. Een van my stokperkjies is ook golf.

Dj malmol

Org van Zyl AKA DJ Malmol

Ek is ‘n bietjie van ‘n petrol head. Ek het ‘n swakplek vir alle soorte karre en veral ‘n groot v8.

Musiek is groot in my lewe en is mal daaroor om mense te vermaak.

Hou van lekker eet veral ‘n lekker braaivleisie, ‘n yskoue biertjie en Olofberg met Coke…

Mense is vir my belangrik en ek hou van lekker kuier….

Eks ‘n buite mens en hoort op die plaas nie hier in die dorp nie… 

 Eks mal oor groot honde, klein perdjies, honders, skape en varkies…

120095755_3377289209029195_2352886398689981382_n

Marlize van Schalkwyk AKA Rockstar

Ek is van ‘n klein dorpie in die Vrystaat, Sasolburg. Ek is daar gebore en het daar groot geword, ek het 2016 Polokwane toe verhuis en so ook begin as ‘n omroeper by Kokomo Radio. Vir beroep doen ek kantoor werk vir ‘n skoonmaak besigheid van my huis af, en bestuur ook my eie Trou en Matriek afskeid rokke besigheid wat ek uit verhuur in Polokwane. Ek probeer altyd goed doen vir mense waar ek kan help en het ook ‘n groot liefde vir diere.

67001c62-e788-426e-9ada-9deb3e5e27e6

Tracy van Heerden

Sien myself as n mense mens wat altyd tyd vind om ander te help en maak altyd planne om dinge te laat gebeur. Uit my agtergrond as Berader glo ek dat ek goed gekwalifiseerd is om myself in selfs baie moeilike omstandighede te handhaaf. Ek het n groot sin vir humor maar ook n baie gesonde waardesisteem. Ek leef voluit en my fokus is om elke dag in gesonde impak op n nederige manier te maak.

40b9e0ea-8507-4d03-b531-6e250f8a0fbc

Pieter Theron

Ek woon in Moreletaoark,Pretoria en is ń wewenaar. Ek is gebore 15 Maart 1952. 69 Jaar oud. Hou van sport,hardloop marathons. Het 15 Comrades marathons gehardloop. Is ń Stormer ondersteuner. Mag dit seker nie sê in Pretoria nie.  Hou van uitsaai op internetradio. Is by Kokomo sedert 2020.

1-1

Floris van Schalkwyk AKA Panic

Ek is gebore in ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap, De Aar en het mettertyd verhuis na Polokwane. Ek is nou betrokke by Kokomo Radio vir 5 Jaar. Ek verkoop onderdele vir ‘n Motor handelaar vir beroep.

Hou van rekenaars en om nuwe dinge te leer. Ou ook van tyd saam met my familie deur te bring

WhatsApp Image 2021-06-28 at 16.41.02

Karin Franks AKA DJ K

Karin Franks is an HR specialist and owns her own HR consulting company, Workplace Leaders. As her passion is people and creating harmonious environments, it’s no surprise that she is very active in arranging Fund Raisers to assist others in need. Whether it be a ladies night out, a Market day or a Quizz Night, Karin ensures she gets the community involved to reach the goal of the event! Karin wishes to promote small and large businesses alike whilst ensuring that awareness is created around various charities and organizations in need.

Tune in to her shows on

…………….. And………….. Whereby she will be interviewing various NPO’s, touching on challenging situations for others and promoting businesses who sponsor the show!

Adri Steenkamp AKA DJ Angel

My naam is Adri Steenkamp(DJ Angle), ek is 53 jaar oud en woonagtig in Bellville in die mooie Kaap.Ek is n Vryskut Omroepster en het al 2 jaar se ondervinding.Ek is tans werkloos weens mediese redes.Ek het eers verpleeg , en ek het dit baie geniet.Ek het n pragtige dogter ,en n goeie man wat na my kyk.My groot passie is eers mense, musiek en om uit te saai.Ek hou daarvan om kos te maak ,te braai.Ek is n natuur mens.My stokperdjies is lees, dot painting en rock hunting.Ek is n plat op die aarde mens, wat jy sien is wat jy kry.Ek bied die volgende programme aan, Maandae, Dinsdae , Donderdae en Vrydae, Brunch Tyd vanaf 11h00, en Saterdae, Saterdag Jolyt vanaf 15h00 tot 17h00.Ek hoop julle sal my programme geniet.

49632eb1-2556-42fc-9ecf-562dff1fadc2

Fanie Lotriet

Ek is n algemene bestuurder van beroep.

My stokperdjies is,

Die buitelewe.

Groentetuin

Kitaarspeel

Hengel wanneer ek kans kry.

My liefde vir radio.

pp

Louis vd Sandt AKA DJ Sandman

Gebore 1980, Swaksiende, maar mag nog bestuur. Was in Worcester op skool, Pionierskool vir sig gestremdes. 1998 ge matrikuleer. Na skool ‘n paar kursusse gedoen, my passie lê in opleiding. Musiek was van kleins af my groot liefde.
Die buite lewe is my ander passie. Was in 2017/18 betrokke by internet radio, en nou weer by Kokomo stereo. Geniet elke oomblik daarvan.
Motto, leef voluit, môre is vir niemand ‘n belofte nie.

pp (1)

Stoffel

Gebore, grootgeword en skoolgegaan in Krugersdorp. Ek was al ‘n musiek “vraat” van laerskooldae af. Kunstenaars soos 4 Jacks and a Jill, Ge Korsten, Groep 2, en die Country musiek van ons eie Suid Afrikaanse legends het my baie na aan die hart gele. In 1982 het ek my eerste tree in die grootmens wereld gegee deur by die Korrektiewe dienste te begin werk. Gedurende my 9 jaar by die Korrektiewe dienste het ek begin met my musiek loopbaan as “DJ” Op daardie stadium was langspeelplate en solo sewe plate die in ding. Soos die jare aangegaan het het tegnologie ook verbeter en ek moes aanpas om by al hierdie platforms by te hou. Met die geboorte van my kinders het ek musiek op die agtergrond geskuif en meer gekonsentreer op die familie.
My musiekversameling het egter nie gestop nie en ek kan noem dat ek ‘n paar duisend albums sterk is. Dit sluit alle Genres musiek in. Ons is tans woonagtig in ‘n dorpie met die naam van Herzliya, omtrent 12 km vanuit Tel Aviv, Israel. Tegnologie het egter so ontwikkel dat ek met trots my musiek versameling hier in die middeooste digitaal kan aanvul en op hoogte bly ten opsigte van alle musiek uitreikings. Ek het die afgelope paar maande van ons land se top kunstenaars leer ken en het wonderlike onderhoude met hulle gevoer.
Musiek is soos kos vir ‘n mens se siel. Jy kry net nie genoeg daarvan nie. Ek het ook al deelgeneem aan Noot vir Noot. Ek is mal oor visvang en rugby. Getroud met ‘n wonderlike vroutjie (Annali). Tussen my en Annali het 9 kinders die lig gesien en ons is trotse grootouers van 8 Kleinkinders. My motto “Behandel iemand soos wat jy behandel wil word” Eerlikheid en vertroue is boaan my lysie.

annali

Annali

Gebore in Lichtenburg. Matriek geskryf in Pretoria. Mamma van 4 dogters en ouma van 2 kleinseuns.
Werk vir die Staat en tans gestationeer in Tel Aviv Israel.
Lief vir die natuur, lees baie en luister musiek. Geniet dit om nuwe mense te ontmoet. Swem graag.
Het troeteldiere wat soos kinders in die huis is. Hulle word baie bederf en slaap voor ons bed in die kamer. Toontjies, my kat, neem gereeld my kussing oor.
Lekkerste om wakker te word met reen op die dak en ook die reuk van vars gesnyde gras.
Lief vir kaalvoet loop en is baie gemaklik. Pas maklik aan by omstandighede en mense.
Eet bykans alles maar trek ‘n streep by afval.
Wat my rooi laat sien is die mishandeling van ou mensies, kiddies, enige diere en onregverdigheid.
Getroud met Stoffel.

f26e8121-06fc-4822-a338-2ffd151debb3

Eurica

My naam is Eurica Erasmus ek is gebore in 1994 19 August. Ek bly in Nigel Gauteng.

EK is Baie lief vir digkuns en die plaas lewe. Diere en kinders en oumense le Baie na aan my hart.
EK is ‘n introvert wat elke dag Meer en Meer van my self Leer van Dat ek aan gesluit het by Radio Kokomo.

IMG-20211106-WA0006

Marina

Ek is 53, geskei en baie lief vir musiek en dans nog gereeld.Ek het n hele paar jaar gelede self in Pietersburg gebly en goeie memories oorgehou.Ek was vir baie jare n verkoopsdame in die staal bedryf en my bynaam in Pietersburg was juis Yster as gevolg van dit. Ek het my werk verloor verlede jaar agv covid en my eie invoer/uitvoer firma begin.My jongste kind bly in China en hy gaan die kwaliteit van produkte na voor ons dit inbring. Ons bring enige iets in wat jy aan kan dink.Gaan net nou stadig met invoer.Ek maak self ook baie goed nogal n artsy craftsy tipe mens, net nie regtig klere nie. My website is ook n platvorm vir mense om hulle handgemaak te verkoop en inkomste te genereer en hopelik nie op ons lysie te kom vir kospakkies nie.Beter as hulle hulleself kan onderhou.Dis hoekom ons Active Angels NPO gerigistreer het juis om ons mense te help.So op die website verkoop ons ook Pre-loved goedjies wat maar 2de handse goedjies is wat te mooi is om net weg te gee.  En dis net in kort.

kontak ons

Vir Enige Navrae of om net te gesels of om hier te Adverteer voel vry om enige van die volgende Persone te Kontak:

DJ Malmol

+27 71 680 3540

malmol@kokomoradio.co.za

 

Marius Theart

+27 76 687 7237

accounts@kokomoradio.co.za

 

As Julle dalk 'n Donasie Maak aan Kokom Radio

Druk op die Volgende weblink om n Donasie te Maak aan Kokomo Radio.

Indien U n Omroeper wil Sponsor of net iets wil in betaal vir n Goeie doel klik hier:

 

Copyright © Kokomo Radio 2021